Groen bamboeswoud in Kampala gekweek

Die voormalige Ugandese joernalis en nou bamboesboer, Ndawula Kalema, het ‘n projek aangepak om ‘n groen bamboeswoud te kweek om by te dra tot die ommekeer van omgewingskade in die hoofstad, Kampala. Die Internasionale Monetêre Fonds sê Uganda het meer as een miljoen hektaar se boom-bedekking verloor as gevolg van bevolkingsdruk en die onwettige afkap van bome, wat tot die agteruitgang van grond gelei het. Hy sê boere het kennis geneem van die waarde van bamboes-boerdery vanweë hul vermoë om inkomste te skep, asook die bewaring van grond en die omgewing.