DA vies oor KZN se groot opskop  

KwaZulu-Natal se departement van sport, kuns en kultuur loop onder kritiek van die DA deur nadat hy ‘n opskop aangebied het wat na bewering vier miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos het. Daar word beweer amptenare, personeel, hul families en gaste het alkohol-koeponne van tot 6 000 rand elk gekry. Die DA het ‘n geskrewe parlementêre vraag ingedien en is in besit van ‘n video van die geleentheid, wat in ‘n nagklub gehou is onder die voorwendsel van ‘n amptelike byeenkoms. Bradley Singh van die party vra premier Nomusa Dube-Ncube om ‘n volledige ondersoek na die saak in te stel en verantwoordeing te doen vir die verkwistende uitgawe.