GRN, wat is die plan met skole?

Terwyl die skole gesluit bly weens die nuwe Covid-regulasies, het Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Namibiese onderwysvakbond gesê dat hulle die besluit verwelkom, maar hulle is ook teleurgesteld dat daar nie ‘n konkrete plan van aksie is nie. Kavihuha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.