GRN stel ondersoek na plaaslike kis-vervaardiging in

Die Namibiese minister van handel, Lucia Iipumbu sê dat die regering ‘n tegniese komitee saamgestel het wat deur die Namibiese Beplanningskommissie gelei sal word, om ondersoek in te stel in plaaslike kapasiteit om doodskiste te vervaardig. Op die oomblik spandeer die land jaarliks 30 miljoen Namibiese dollar op die invoer van kiste vanuit Suid-Afrika. Volgens Iipumbu is daar net beperkings in die ontwikkeling van die sektor en is kapasiteit nie die probleem nie. Haar ministerie het tot dusver 58 klein en medium sakeondernemings identifiseer wat die vermoë het om doodskiste te vervaardig. Daar was ‘n periode in Junie waar ‘n sterfte as gevolg van Covid elke 30 minute plaasgevind het. Tans staan die dodetal op net meer as 2 500.