GRN sê nee vir Afghaanse vlugtelinge

Namibië gaan dit nie oorweeg om vlugtelinge van Afghanistan in te neem nie. Die uitvoerende direkteur van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking, Penda Naanda, het aan plaaslike media bevestig Namibië oorweeg dit nie om vlugtelinge uit Afghanistan in te neem ná die Taliban se skielike oorname van die regering, of na die onlangse bomaanvalle in die hoofstad Kabul nie. Intussen het die laaste C17 van die Amerikaanse lugmag net na middernag vanoggend vanuit Kabul vertrek en 20 jaar se oorlog het tot ‘n einde gekom.