Gestremdes hou kongres in Windhoek

Die Nasionale Federasie vir Mense met Gestremdhede in Namibië hou vandag en môre hul nasionale kongres in die hoofstad. Tydens die kongres wat elke vier jaar plaasvind, word ‘n nuwe nasionale uitvoerende komitee gekies om die organisasie te bestuur, nuwe korporatiewe planne, regslui, ouditeure en beskermhere goed te keur.