GRN sal meer moet doen om beleggings te lok

Dr. Marius Kudumo, ‘n openbare beleidsontleder en kenner van internasionale betrekkinge, sê Namibië moet strategiese planne in plek hê om die gebruik van direkte buitelandse belegging te aan te spoor. Dr. Kudumo het gereageer op President Hage Geingob se aankondiging tydens sy staatsrede dat Namibië meer as 10 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het in die eerste nege maande van 2022. Dr. Kudumo het met die plaaslike uitsaaier, die NBC, gepraat.