Bankkrisis sal ook rentekoerse hier opstoot

Sentrale banke in Afrika se grootste ekonomieë sal na verwagting rentekoerse verhoog om inflasie te beperk en ‘n uitverkoping in hul bates af te weer. Dit word volgens kenners vererger deur die ineenstorting van die Amerikaanse lener Silicon Valley Bank en stres by Credit Suisse. Suid-Afrika, saam met Nigerië, Egipte, Marokko en Kenia sal na verwagting in die volgende twee weke hul repokoerse verhoog. Monetêre owerhede in lande soos Ghana en Angola, waar inflasie aan die afswaai is, sal na verwagting onveranderd bly. Daar word ‘n 25 basispunt verhoging verwag.