GRN sal massa-behuisingsprojek voltooi

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê die regering het onderneem om die nou mislukte massa-behuisingsprojek te voltooi. Volgens hom, sal 111 huise teen einde Julie voltooi wees. New Era Investment is reeds in November verlede jaar aangestel om die 505 huise in die Erongo-streek te voltooi. Teen 2024 sal ‘n verdere 319 huise voltooi word. Oudpresident Hifikepunye Pohamba het die program van stapel gestuur met die doel om 148 000 huise teen 2030 te voltooi maar dit is in 2015 lamgelê deur regsgedinge deur kontrakteurs. Tot dusver is net 4 130 huise gebou.