GRN kry vrae oor ReconAfrica

Die Namibiese Wetenskaplike Gemeenskap het verskeie vrae aan die Namibiese regering gevra in verband met die eksplorasie wat tans deur ReconAfrica in die Kavango-bekken gedoen word. Volgens Waltraut Fritzsche van die gemeenskap is dit onverklaarbaar dat die regering beleggings soek vir die ontwikkeling van groen energiestelsels maar, laat toe dat daar in die Kavango-gebied olie en gas eksplorasie plaasvind. Daar is ook ander kwessies wat pla, soos Fritzsche verduidelik.