GRN implementeer nie konvensies nie, arbeidsdiskriminasie duur voort

Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Namibiese vakbondkongres, Tucna, sê die Namibiese regering het reeds 17 konvensies van die Internasionale Arbeidsorganisasie bekragtig met meer wat binnekort bekragtig sal word, maar, hulle word nie geïmplementeer nie. Een wat hy uitgelig het handel oor diskriminasie. Volgens Kavihuha, is die NDF ‘n baie goeie voorbeeld daarvan met sy onlangse werwingsveldtog wat nie toelaat dat mense met MIV aansoek kan doen nie. In sy mening, berus die verantwoordelikheid daarvan by die regstelsel wat die konvensies in wetgewing moet inskryf, maar, dit word nie gedoen nie. Hy sê daar is geen doel daaraan om internasionale arbeidstandaarde te bekragtig en dan niks verder daaroor te doen nie.