Grensverdrag van 2018 is ‘onaanvaarbaar’

Die grensverdrag van 2018 lok steeds kritiek uit en kry hewige teenstand vanuit die Zambezi-streek. Na die ministeriële besoek verlede week is daar aangekondig dat veiligheid by die grens met Botswana later die jaar by ‘n bi-nasionale beraad aandag sal ontvang maar die verdrag sal die bespreek word nie. Nadia Mushabati van die Zambezi Lives Matter-beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hulle klagtes in verband met die ooreenkoms.