Grense is in Januarie toe vir amper alles

Die Namibiese Akkerbouraad het die grenssluitings vir Januarie aangekondig. Die grens is alleenlik pro-rata oop vir patats en heel oop vir gewaste aartappels en iceberg-blaarslaai. Vir die res, wat spinasie, spanspek, beet, botterskorsie, kool, wortels, Engelse komkommers, alle soetrissies, skorsies, pampoen, alle tamaties en waatlemoen insluit, is die grense toe vir invoere.