Grensbeheer moet verskerp word teen Indiese variant

Kenners waarsku regerings om grensbeheer te verskerp om te keer dat die dodelike Covid-variant uit Indië hulle lande binnekom. ‘n Senior Dosent aan die Universiteit Stellenbosch, Jo Barnes, sê dié variant is reeds in 17 ander lande opgespoor. Vroeër is berig dat bemanningslede van besoekende vaartuie in die hawens van Gqeberha (Port Elizabeth) en Durban positief getoets het en moontlik in aanraking was met plaaslike werkers. Die Minister van Gesondheid in die buurland, Zweli Mkhize, het gister gesê die huidige variant in Indië, B.1.617, is nog nie in Suid-Afrika opgemerk nie.