Gratis water verby vir Gobabis

Die Gobabis-munisipaliteit sal gratis water wat tydens die noodtoestand van die Covid-19-pandemie aan die gemeenskap verskaf is, afskaf. Volgens die burgemeester, Elvire Theron, is die besluit tydens ‘n raadsvergadering geneem, alhoewel gratis water reeds in September 2020 afgeskaf moes wees. Die munisipaliteit se skakelbeampte, Frederick Ueitele, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat gratis water gister afgeskaf is.