Grane: Tekorte tot ’23 omdat aanplantseisoen beïnvloed word

Die jongste oorsig in verband met die impak van die oorlog op Afrika is gepubliseer. Daar is kommer oor nie net die prys van voedsel nie maar ook die beskikbaarheid. Volgens die verslag, wat navorsing bevat wat deur die Universiteit van Pretoria nagegaan is, is koring veral ‘n uitdaging vir Afrikane. Die vasteland gebruik koring vir ongeveer 50 persent van die kalorie-inname en plant amper niks self aan nie. Inteendeel, meeste van die koring wat deur Afrika ingevoer word kom vanaf die Oekraïne en Rusland. Pryse het tussen Januarie en Mei met 74 persent gestyg al het dit in Augustus weer met 9 persent gedaal. Die navorsers sê tekorte in koring sal tot ten minste 2023 duur omdat die aanplantingseisoen in veral die Oekraïne geraak word. Afrika sal ook nie voorkeurtoegang tot voorrade in die VSA, Argentinië, Australië of Kanada kry nie.