Grafgrawers in Windhoek bly nie voor weens Covid

Stad Windhoek staar ‘n groot uitdaging in die gesig met die ongewone hoë aanvraag na plek in begraafplase weens die hoë sterftesyfer van die Covid-pandemie. Voorheen was begraafplase slegs oor naweke besig, maar tans is begraafplase selfs tydens weeksdae besig met verskillende families wat hul geliefdes ter ruste moet lê. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, het ‘n beroep op inwoners gedoen om geduldig te wees tydens die wagproses wanneer munisipale beamptes grafte moet grawe. Sy het ook haar medelye aan al die bedroefde families uitgespreek. Amutenya gesels met Kosmos 94.1 Nuus.