Graanuitvoere moet in veiligheid uit Odesa hervat word – VN
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Samewerking oor Humanitêre Sake sê die opheffing van die Swartsee-inisiatief belemmer voedselsekerheid en bedreig lewens. Die ooreenkoms het dit oor ‘n tydperk van 12 maande moontlik gemaak om byna 33 miljoen metrieke ton graan suksesvol uit te voer van hawens in die Oekraïnse Swartsee na 45 ander lande. Rusland het verlede week geweier om die ooreenkoms te verleng. ‘n VN-woordvoerder, Martin Griffiths, sê die humanitêre katastrofe wat in Oekraïne ontvou, word reg oor die wêreld gevoel en dit moet einde kry: