Graanooreenkoms in die Swart-see: Wesenlike impak sê Collard

Die opheffing van Rusland se deelname aan die VN-bemiddelde ooreenkoms in die Swart-see bring groot onsekerheid in graanmarkte. Die gebied vervoer 30 persent van die wêreld se graan en enige onvoorspelbaarheid of onduidelikheid oor sekuriteit of die moontlikheid om graan te verskeep, ook vanaf Rusland, sal pryse laat styg. Die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard verduidelik.

Collard sê gepaard met die styging in diesel, moet verbruikers hulle gereed maak vir nog stygings maar, daar is genoeg voorraad tot volgende jaar Februarie.