Familie het kommer na Coenraad Strydom se saak weer uitgestel is

Die familie van Engela Strydom het hul frustrasie teenoor die Namibiese regstelsel uitgespreek na die verdagte in haar moord, haar man Coenraad, se saak weer uitgestel is tot 11 Januarie volgende jaar as gevolg van ‘n stukkende masjien wat buskruitreste op Coenraad se hande moet toets. Engela is op 4 November 2021 op Walvisbaai dood na sy in die kop geskiet is. Haar man het eers gesê sy het selfmoord gepleeg maar, die ondersoek dui op moord. Die hof het voorheen beveel dat die masjinerie teen 31 Oktober vanjaar herstel moet wees sodat die toetsuitslae beskikbaar is, maar dit is weer vertraag. Engela se familie vrees dat die saak moontlik uitgegooi kan word as gevolg van die herhaalde vertraging. Engela se broer, Hugo Smit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.