Goudsmokkel-mafia gebruik gesofistikeerde metodes

Die direkteur van die beleggingsmaatskappy, Denker Capital, Kokkie Kooyman, het hom uitgelaat oor die verdoemende dokumentêre program deur Al Jazeera oor die goudsmokkel-mafia in Suid-Afrika. Die ondersoek het amptenare by drie van die land se top banke betrek wat goudsmokkelaars help om miljoene dollars te was. Werknemers van Standard Bank, Absa en Sasfin Bank is na bewering op die betaalstaat van die beweerde geldwasser, Mohamed Khan. Kooyman sê in die geval van Sasfin is meer as 180 transaksies gedoen.