Goud, olie en die dollar – wat lê vir ons voor?

Goud het tot ‘n nuwe rekordhoogtepunt van sowat 2 586 Amerikaanse dollar per ons gestyg, te midde van ‘n swakker dollar en laer effekte-opbrengste. Dit kom na nuwe ekonomiese data wat die verwagtinge steun dat Amerikaanse rentekoerse die week verlaag gaan word. Brent ru-olie verhandel ook tans net onder 72 Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat oor wat die plaaslike ekonomie kan verwag in die lig hiervan. Roodt sê dit hang van twee faktore af. Hy verduidelik.