Gordhan bedank De Ruyter

Die minister van openbare ondernemings in die buurland, Pravin Gordhan, het die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, bedank vir die opofferings wat hy vir Eskom gemaak het. ‘n Nuuskonferensie is vanmiddag gehou ná die aankondiging van sy bedanking. Gordhan het met lof gepraat oor die rol wat De Ruyter by Eskom gespeel het.