Google beperk derdeparty-koekies

Google het begin om derdeparty-koekies te beperk vir ‘n deel van hulle gebruikers van die Chrome-webleser, wat die eerste stap is in die uitfasering van hierdie lêers waarby privaatheid betrokke is. Die maatskappy beoog om toetse uit te voer en geleidelik die beperking uit te brei na alle gebruikers van die derde kwartaal van vanjaar, mits goedkeuring verkry word van Brittanje se Mededingings- en Markowerheid. Google het in 2020 sy voorneme aangekondig om derde party-koekies uit te skakel, maar die proses het met vertragings gesukkel. Die ontwikkeling stem ooreen met die neiging in die breër bedryf  van verskepte regulasies vir aanlyn-volging en data-privaatheid.