GOOD vra vir raadsitting oor Kaapse taxi-staking
Die GOOD-party het die Stad Kaapstad se speaker van die raad gevra om ‘n dringende vergadering te belê om die onlangse gewelddadige taxi-staking te bespreek. Jonathan Cupido van die party sê sake kan nie soos gewoonlik voortgaan terwyl lewens verloor, eiendom beskadig en lewensomstandighede negatief geraak is nie. Hy sê hulle wil hê die raad moet ‘n dringende debat voer oor die wettigheid van die skut van taxi’s sedert die eerste van verlede maand: