GOOD Party sê DA-leier mislei mense met wanvoorstelle

Die GOOD Party sê die DA-leier, John Steenhuisen, wil hê mense moet glo moord in die DA-geleide Wes-Kaap het weens sy party se briljantheid met 40-persent afgeneem. Volgens nasionale misdaadstatistiek wat einde November vrygestel is, het die provinsiale moordsyfer met byna 11-persent gestyg. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Steenhuisen buit mense se lyding onder verkeerde misdaadsyfers skaamteloos uit om voor die verkiesing ʼn vals voordeel vir sy party te skep.