GOOD-party laat mynmaatskappy sy gemors opruim

Die GOOD-party in Johannesburg sê hy het ‘n groot mynboumaatskappy oortuig om sy gemors op te ruim wat ʼn bedreiging vorm vir die Laerskool Slovoville in Soweto. ʼn Woordvoerder van die party, Lloyd Phillips, sê afgesien van die voortdurende stof weens die voortgesette werk, het ʼn klein sloot wat Harmony Gold vir mynboubedrywighede gebruik, stelselmatig ontwikkel tot ʼn reuse-mynboudam. Hy sê dit het gelei tot groot probleme met gesondheid en veiligheid.