Nog geen teken van malaria-entstof vir Namibië

Yolanda Lisho, waarnemende gesondheidsdirekteur van die Zambezi-streek, sê daar is rede tot kommer aangesien sowat 6 855 gevalle van malaria, insluitend ses sterftes, sedert die eerste week van Januarie verlede jaar aangemeld is. Lisho sê sowat 335 van die gevalle was ernstig. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondheidsministerie se skakelbeampte, Walters Kamaya, oor hul aksieplan gesels. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede jaar 18 miljoen malaria-inentings aan 12 Afrika-lande gelewer. Kamaya sê die ministerie kan geen beloftes maak oor wanneer Namibiërs die inenting sal ontvang nie.