Gondwana se Deurry-inentingskliniek verskuif na Wanderers-sportgronde

Vandag is Gondwana se Deurry-inentingskliniek se laaste dag by die Windhoekse skougronde. Gondwana bedank die Windhoek Skouvereninging vir hul bystand. Gondwana verskuif vanaf Dinsdag na die Wanderers-sportgronde in Tunschelstraat in Pionierspark. Die kliniek sal oop wees Dinsdae tot Vrydae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans en naweke vanaf tien-uur soggens tot twee uur smiddae. Dit sal Maandae gesluit wees. Intussen het Lady Pohamba Privaathospitaal aangekondig hul inentingskliniek sluit vandag permanent. Inke Stoldt van Gondwana Collections Namibia is aan die woord.