Goma lyk soos ‘n spookdorp

Goma, geleë langs die meer Kivu in die Demokratiese Republiek van Kongo, was teen vandag bykans ‘n spookdorp. Inwoners het op die vlug geslaan ná waarskuwings dat die vulkaan Nyiragongo weer kan uitbars. ‘n Limniese uitbarsting kan dodelike gasse uit die meer vrystel, berig internasionale media.