Goma-inwoners bang berg spoeg weer vuur

Tienduisende inwoners het uit Goma in die Demokratiese Republiek van Kongo gevlug uit vrees dat die vuurspuwende berg Nyiragongo sonder enige waarskuwing weer kan uitbars. Saterdag se uitbarsting het minstens 31 lewens geëis.