Golden Globes lewer goue aand op

The Fabelmans, The Banshees of Inisherin, Abbott Elementary en The White Lotus was van die groot wenners by die Golden Globes. Steven Spielberg se The Fabelmans het twee toekennings ontvang, onder andere vir beste rolprentdrama, terwyl The Banshees of Inisherin met drie toekennings spog, insluitend beste musiekblyspel of komedie asook Colin Farrell se prys vir die beste komedie-akteur. Abbott Elementary is aangewys as beste komediereeks terwyl twee van sy sterre, Tyler James Williams en Quinta Brunson, ook vereer is. Eddie Murphy het die Cecil B. DeMille-toekenning en Ryan Murphy die Carol Burnett-toekenning ontvang.