Goewerneur Wakudumo erken ontvangs van petisie

Die goewerneur van die Kavango-Wes-streek, Bonifatius Wakudumo, het ontvangs van die petisie van afgedankte werknemers van Rundu Cash and Carry erken. Die werkers het vandag nog ‘n betoging gehou teen hul beweerde onbillike afdankings en onwettige salarisaftrekkings. Die werknemers se afdanking spruit uit ‘n vroeëre protes-optog teen onbillike behandeling en lae salarisse. Die maatskappy het hulle afgedank en nuwe werknemers aangestel. Wakudumo sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die werkers se eise in die klagskrif is.