Eskom-tariewe styg met 18,65% in April 

In die buurland het die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, vanmiddag bekendgemaak dat Suid-Afrikaanse kragtariewe op 1 April 2023 met 18,65 persent sal styg. Dit volg nadat Eskom aangedring het op ’n krag-verhoging van 32 persent vir die 2023/2024-boekjaar. Die voorsitter van Nersa, Thembani Bukula sê die verhoging vir die 2024/2025-boekjaar sal 12,74 persent wees. Bukula sê dit was ‘n baie moeilike besluit in die lig van kwaai ekonomiese druk, beurtkrag en stygende lewenskoste. Munisipale kragtariewe tree egter eers Julie in werking en sal later vasgestel word.