Goewerneur reageer op toenemende konflik met olifante

Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu het gereageer op berigte dat boere in sy streek deur olifante geteister word. Hy sê behalwe vir die droë toestande wat die bestaansboere groot uitdagings bied, is die grond baie droog wat besoeke deur olifante vererger omdat hulle normaalweg wegbly as die gebied nat en modderig is.

Hy doen ‘n beroep op boere om nie reg in eie hande te neem nie en eerder gevalle aan te meld by die omgewingsministerie se owerhede.