Goeie belastingbetalings stut SA-regering

Business Leadership SA sê die Inkomstediens se jongste belasting-invordering beteken die regering het meer beweegruimte om sy skuldvlakke onder beheer te kry. Die diens het 38 miljard Namibiese doller méér ingevorder as wat in die begroting in Februarie voorsien is. Business Leadership SA se Bestuurshoof, Busi Mavuso, sê syfers dui daarop dat die regering self bygedra het tot reuse verliese aan belastinginkomste weens minder aksynsbelasting as gevolg van die verbod op drank en sigarette. Mavuso sê die regering moet dit vir maatskappye moontlik maak om beter te funksioneer deur ‘n omgewing sonder rompslomp te skep.