Gobabeb herdenk 60 jaar van woestyn-navorsing

Die Gobabeb Namib Navorsings-instituut vier hul 60ste bestaansjaar. Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging vier saam met Gobabeb hul herdenking op Dinsdag, 29 November met die laaste praatjie wat hulle vir vanjaar aanbied. Tydens die geleentheid sal die Joernaal 2022 van die vereniging ook bekend gestel word wat aan Gobabeb opgedra is. Die praatjie begin om half-ses die aand in Robert Mugabe-rylaan 110, oorkant die Nasionale Teater in Windhoek.