GMO-regulasie … kenner sê

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Agbiz, sê hulle verskil van die ANC-regering se besluit in verband met die regulatoriese benadering tot geneties aangepaste organismes. ‘n Woordvoerder, Karen Grobler, sê die besluit om alle produkte van geneties aangepaste organismes te reguleer, gaan verreikende gevolge hê, veral vir saadmaatskappye. Namibië laat tot op hede nie GMO-aanplantings toe nie. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor beide die voordele en die nadele van regulering …