Glencore het betaal om staatsoudits te vermy

Daar is bevind die mynonderneming Glencore het betaal om staatsoudits te vermy en regsgedinge te laat verdwyn. Die firma het skuld beken aan omkopery, korrupsie en prysmanipulasie. Daar word onder meer berig die onderneming het ook amptenare in verskeie lande omgekoop. Die hoof van ondersoeke by Open Secrets, Michael Marchant, het ‘n beroep op wetstoepassers in Suid-Afrika gedoen om alle Glencore transaksies in die land noukeurig te ondersoek.