GIZ bied subsidie vir sonkrag-stelsels aan

Die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ, doen ‘n beroep op boere en klein en medium ondernemings in landelike gebiede om aansoek te doen vir ‘n 50 persent-subsidie vir sonkrag-stelsels vir produksie. Die inisiatief Green People’s Energy for Africa is deel van die Marshal Plan with Africa en het ten doel om die toestande in Namibië met betrekking tot gedesentraliseerde hernubare energievoorsiening in landelike gebiede te verbeter. Die Oshana-streek se woordvoerder, Elley Ashikoto doen ‘n beroep op inwoners van die streek om hierdie geleentheid aan te gryp.