Girl Up staan skoolmeisies met sanitêre doekies by

’n Groep jong meisies het by die Girl Up Namibia-inisiatief aangesluit om die gemeenskap by te staan deur skenkings en ander gemeenskapsprojekte. Girl Up is ‘n wêreldwye inisiatief wat in 2010 deur die Verenigde Nasies gestig is om ‘n veilige toekoms vir meisies te bepleit, te skep en te beskerm en hulle by te staan in elke aspek van higiëne, onderwys en borgskappe. June Shimuoshili van GirlUp Namibia sê hulle sal binnekort die twee Kavango-streke besoek om leerders met skryfbehoeftes en sanitêre doekies by te staan en versoek daarom die publiek om die met skenkings te help.