GIPF maan teen bedrogspul

Die Namibiese Pensioenfonds vir Staatsinstellings, GIPF, waarsku teen swendelaars wat na bewering sy lede bel om persoonlike finansiële inligting by hulle te vra. Die GIPF sê dit is ‘n bedrogspul. Die GIPF het verseker dat die fonds onder geen omstandighede persoonlike inligting sal versoek wat nie nodig is om vir dienste of voordele te betaal nie. In plaas daarvan, sal die fonds altyd sy lede vra om dokumente by hul kantore in te dien. Indien lede sulke oproepe ontvang, moet hulle dadelik enige streekskantore kontak.