De Ruyter sê gehalte van steenkool is swak

Die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê in weerwil van die nutsmaatskappy se pogings om sy infrastruktuur aan te pas, onderpresteer verskeie kragstasies steeds weens die swak gehalte van steenkool. De Ruyter het met die media oor Eskom se resultate vir die jaar gepraat en bevestig die ketel-opgraderings by al ses Medupi-eenhede is voltooi. Hy sê die Kusile-eenheid-vyf sal na verwagting in Augustus 2023 by die krag-netwerk ingeskakel word. De Ruyter sê die vertraging is weens ‘n brand in ‘n gas-lugverwarmer. Eskom het beurtkrag die naweek na fase 3 afgradeer.