GIPF boer vooruit met behuising

Die Staatsinstellings Pensioenfonds het in die afgelope tien jaar finansieel bygedra tot die diens van meer as 5 590 erwe en die bou van meer as 6 580 wooneenhede regoor die land, waarvan die grootste deel in die kategorie bekostigbare behuising is. Die fonds se uitvoerende hoof David Nuyoma het die aanmerkings gemaak tydens die bekendstelling van die eerste fase vir Auasblick wat uit 98 erwe bestaan. is ‘n welkome toevoeging wat die totale gronddiens op 5 689 erwe sal bring. Die land se grootste pensioenfonds het sy eiendomsbeleggings bereik deur fondse wat aan sy ongenoteerde beleggingsbestuurders toegeken is. Die fonds het ook belê in Osona Village net suid van Okahandja.