Gigaba het Ajay Gupta vir geld gevra om sy sus te help

Die vervreemde vrou van die gewese minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba het aan die staatskapingskommsissie vertel dat Gigaba 850 000 Suid-Afrikaanse rand by Ajay Gupta gevra het. Norma Mngoma sê die omstrede Gupta-familie het Gigaba die helfte van die geld gegee wat hy gebruik het om sy werklose suster se skuld te betaal. Sy en Gigaba verskyn vanoggend al twee voor die kommissie nadat die verrigtinge gister weens kommer oor veiligheid verdaag is. Mngoma sê Gigaba het die geld binne twee dae gekry: