Gift of the Givers wil indringer-karp-probleem oplos

Die organisasie Gift of the Givers sê hulle Tuinroete-karpvang-projek los omgewings- sowel as voedingsprobleme op. Sy Suid-Kaapse bestuurder, Mario Ferreira, sê hulle voorsien die departement van indringerspesie-bestuur van toerusting om die karp te oes. Die probleem het ontstaan toe karp in die 1990’s onwettig in die Groenvlei-meer naby Sedgefield gesit is. Ferreira sê daar is nou 180 000 ton van hierdie indringervis in die meer.