Gift of the Givers sê 14 klinieke is in Oos-Kaap deur kwaai storms beskadig

Die Humanitêre Organisasie, Gift of the Givers, het bevestig swaar reën en kwaai storms in Alice en Fort Beaufort in die Oos-Kaap, het ten minste 14 klinieke beskadig. Volgens die stigter van die organisasie, Imtiaaz Sooliman, is ‘n span bouers bymekaargemaak om met die herstelwerk aan die beskadigde klinieke te help. Sooliman sê hulle help ook gesinne wat deur die storms, wat chaos in die provinsie veroorsaak het, geraak is. In die Raymond Mhlaba-munisipaliteit, is meer as een-duisend huise gedeeltelik of geheel en al vernietig.