Gift of the Givers herdenk 30 jaar

Die Suid-Afrikaanse ramphulp-organisasie, Gift of the Givers, vier môre 30 jaar se diens aan die mensdom. Die organisasie se stigter, Imtiaz Sooliman, doen ter viering van hierdie mylpaal ‘n beroep op mense om ‘n verskil te maak, waardigheid te herstel en hoop te bied aan diegene wat dit die nodigste het. Sooliman versoek ook Suid-Afrikaners wat die organisasie wil ondersteun om dit te oorweeg om ‘n skenking ter ere van Gift of the Givers te maak.