‘Gierigheid is kolonialisme van nuwe Afrika’

Volgens politieke ontleders blyk dit dat gierigheid die kolonialisme van die nuwe Afrika is. Oor die afgelope paar jare is talle Afrikalande deurtrek met korrupsie. Namibië se grootste korrupsieskandaal is die Fishrot. In Suid-Afrika het die voormalige President Jacob Zuma 246 miljoen Namibiese dollar uit die staatskoffers aan sy Nkandla-woning bestee. In Angola is ‘n skatryk militêre offisier onlangs in Luanda vir korrupsie in hegtenis geneem, en die lys gaan aan. Dr. Charles Sinkala, ‘n politieke kommentator oor Afrika-sake gesels met Kosmos 94.1 Nuus.