Gordhan se samewerking met Solidariteit is rassisties

Die African People’s Convention het die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se besluit om Solidariteit se aanbod te aanvaar om met opgeleide personeel by Eskom te help, as rassisties beskryf. Die vakbond sê hy het ‘n lys van meer as ‘n duisend opgeleide mense wat gewillig is om die kragvoorsiener by te staan. APC se president, Themba Godi, sê Solidariteit en Gordhan het in 2019 gesê die probleme by Eskom is die gevolg van ‘n obsessie met regstellende aksie waar bevoegde wit ingenieurs met mense sonder vaardighede vervang is: